Main Menu

        Financial
        Corporate
        Technical
        Supplier Details

Motor Fica-dokument

Latest News
Council news

News on council activities
Programs
Council priorities

Community news

News of Carnarvon, Vosburg and Van Wyksvlei
Region/district news

News covering the district

Government programs
Online photo album
Municipal events

Diary of events.
History of Kareeberg
Carnarvon (1839) 
Gedurende Desember 2000 amalgameer Carnarvon, Vanwyksvlei en 
Vosburg munisipaliteite soos afgebaken deur die Afbakeningsraad 
om Kareeberg Munisipaliteit te vorm	Die naam Kareeberg is afkomstig
van ‘n berg wat deur Boesmans in 1839 bewoon was, die Kaapse regering 
onder leiding van Sir George Napier het hulle uit die berge verdryf en
as vergoeding sou hulle ‘n stuk grond Schietfontein (vandag Carnarvon) 
ontvang.  Die nuut gestigde munisipaliteit het ‘n inwoner getal van 
ongeveer 9482 met 2740 huishoudings en beslaan ‘n totale oppervlakte 
van 17 689 km2 Al drie dorpe is hoofsaaklik afhanklik van boerdery en 
kerklike aktiwiteite.  Die Raad bestaan uit sewe Raadslede en die gebied is 
verdeel in vier wyke Carnarvon is aangewys as hoofsetel van die Raad en 
personeel is werksaam by die onderskeie administratiewe eenhede en word 
dienste in al drie dorpe gelewer 
Vanwyksvlei (1880) 
Vanwyksvlei beskik oor die oudste staatsgeboude dam in Suid Afrika. Die dam
is deur Garwood Alston ‘n landmeter en landboukundige Ingenieur wat op 
agtienjarige ouderdom na Suid Afrika gekom het en in 1879 met die bou van 
die Vanwyksvlei dam begin. Daar was nog nie moderne werktuie nie en is van 
gewone bak en wielskrapers gebruik gemaak. Die klippe waarmee die toring gebou
is, is met ‘n bokwa en donkies vanaf Frankieskop aangery. Die staal is met 
donkiewaens vanaf Carnarvonstasie sowat 83 km vanaf Vanwyksvlei aangery.

Die koste aan die bou van die dam het R66 000 beloop. In 1888 is toestemming 
verkry vir die bou van ‘n kanaal, hierdie kanaal was 11,524km lank.
In April 1990 is daar ‘n Nasionale gedenkteken aangevra, maar dus heelwat 
later eers ontvang en aangebring by die hek wat na die dam lei 
 
 

Vosburg (1895) 
Vosburg is langs die gewilde Namakwaland  Weskusroete tussen Britstown en
Carnarvon geleë. Die dorp het in 1895 op die plaas Processfontein tot stand 
gekom en is na die Vos families vernoem
Home | FAQ | Support | Contact